Graad 11 Trigonometrie Funksies of Grafieke Les5 | Horisontale skuif van funksie |

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 18 окт 2024
  • Het jy al ooit probeer om Trig Funksies of Grafieke in Graad 11 Wiskunde te verstaan? Hier is die perfekte videoreeks oor al die parameters en skuiwe wat jy in Trig grafieke gaan vind!
    In die Playlist van 6 videos, verduidelik ek al die belangrike konsepte en metodes wat jou gaan help op Trig grafieke in wiskunde baas te raak.
    Dit maak nie 'n groot deel van die graad 11 en 12 Wiskunde sillabus uit nie, maar is nogtans belangrik om te ken en ingewikkeld om te verstaan.
    Die onderwerpe wat ek in die videoreeks gaan verduidelik is:-
    -Teorie oor die basiese Trig funksies of grafieke
    -Die effek van 'a' op 'n Trig grafiek
    -Die effek van 'q' op 'n Trig grafiek
    -Die effek van 'k' op 'n Trig grafiek
    -Die horisontale skuif van 'n Trig funksie
    -Eksamen Vrae oor Trig funksies
    Ek verduidelik die voorbeelde stapsgewys sodat jy 'n idee kan kry hoe hierdie onderwerp in die eksamen gevra word. Dit sal jou ook baie help met jou eksamen voorbereiding.
    Jy sal ook volledige Playlist op my kanaal vind, oor al die graad 11 Trigonometrie, Statistiek, Analitiese Meetkunde sowel as Euklidiese of sirkel meetkunde in Wiskunde. Daar is ook volledig al die vraestel 1 inhoud naamlik: Los op vir x, Kwadratiese vergelykings, Finansiële Wiskunde, Funksies, Waarskynlikheid met ander woorde Al die graad 11 Algebra.
    Of jy nou vir jou eksame voorberei of net so bietjie jou suiwer Wiskunde kennis wil opsker, hierdie is die regte bron vir hoë kwaliteit Wiskunde spesifiek vir die Suid Afrikaanse studente. Hierdie videos kan ook met groot sukses deur Graad 12 Wiskunde leerders gekyk word wat hersiening wil doen oor Graad 11 Trig funksies of grafieke voordat hulle vraestel 2 skryf.
    *In hierdie video verduidelik ek die volgende inhoud:* HORISONTALE skuif van Trig funksies of grafieke.
    Kyk asb AL die videos in die Playlist sodat jy 'n geheelbeeld oor Die Trigonometrie hoofstuk in wiskunde kan vorm. Onthou ok om te Subscribe vir meer kwaliteit Wiskunde videos! Jy is ook welkom om kommentar te lewer, nog beter, vertel AL jou vriende oor my kanaal Online Maths by miss Pythagoras!
    Playlist:
    • Graad 11 Trig Funksies...
    #trigonometrie #wiskunde #wisk #graad11 #graad11wiskunde
    #onlinemathsbymissp #eksamen #eksamenvoorbereiding

Комментарии • 1