28-30 September 2024 | Vox NAWEEK Weervoorspelling

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 26 сен 2024
  • 🌧️'n Kouefront met ondersteuning van 'n bolugtrog arriveer Saterdagmiddag in die Wes-Kaap, wat WYDVERPREIDE buie sowel as KOUE en WINDERIGE toestande na die suidweste bring en VERSPREIDE buie oor die westelike en sentrale binneland
    🥵 Uiters WARM in dele van Limpopo en Mpumalanga hierdie naweek en veral SONDAG, met die KOELER weer wat van Maandag af oor oostelike SA sal versprei
    ❄️ Ligte sneeu moontlik hoofsaaklik Maandag oor die hoogliggende gebiede in die Kaapprovinsies, suidelike Drakensberge, Lesotho en suidelike binneland van KwaZulu-Natal
    ⚠️IMPAKGEBASEERDE WAARSKUWINGS uitgereik deur SA Weerdiens⚠️
    🟡Geel Vlak 2: Kuswinde wat lei tot moeilikheid om op see te navigeer, word tussen Kaap Columbine en Kaap Agulhas verwag.
    🟡Geel Vlak 2: Binnelandse winde wat plaaslike skade aan nedersettings en infrastruktuur tot gevolg het, sowel as die verhoging van die risiko van wegholbrande word verwag oor die sentrale en noordelike binneland van die Oos-Kaap, suidoostelike dele van die Noord-Kaap, op plekke oor Noordwes en Gauteng, die oostelike dele van die Vrystaat en suidwestelike dele van Mpumalanga.
    🔥BRANDGEVAAR WAARSKUWINGS: 🔥
    Uiters hoë brandgevaartoestande word verwag oor die noordoostelike dele van die Wes-Kaap, die noordelike binneland van die Oos-Kaap, die uiterste suidoostelike dele van die Noord-Kaap, die noordelike dele van die Vrystaat, op plekke in die Noorde Wes en Gauteng, die uiterste suidwestelike dele van Mpumalanga en die westelike en suidelike dele van Limpopo.
    ADVIES:
    🥵 Uiters warm, bedomptige en ongemaklike toestande word Sondag (29 September 2024) in die Laeveld van Limpopo en Mpumalanga asook die Limpopovallei verwag.
    🥶 ’n Sterk kouefront sal na verwagting van Saterdagaand tot Maandag (28 tot 30 September 2024) die Wes-Kaap en suidelike dele van die Noord-Kaap raak en teen Maandag na die binneland van die Oos-Kaap versprei. Die publiek en kleinveeboere word in kennis gestel dat koue tot baie koue temperature en winderige toestande verwag kan word met ligte sneeuval oor die hoogliggende gebiede Sondag en Maandag terwyl sterk tot stormsterk winde en rowwe see langs die suidkus van die Wes-Kaap en die kus van die Oos-Kaap Sondag kan voorkom
    #Voxweather #kouefront #sneeu #brandgevaar #warm

Комментарии • 9

  • @vaughanlancellas495
    @vaughanlancellas495 3 часа назад +1

    Baie dankie vir die weervoorspeling, n nat en koue naweek vir die hele kuslyn.

  • @karintraut8151
    @karintraut8151 3 часа назад +1

    Thanks ❤

  • @brynlowe2408
    @brynlowe2408 Час назад

    Wat 'n mooi Springbok. Dankie vir die weervoorspelling. Bokke bo.😊

  • @peetschabort1080
    @peetschabort1080 2 часа назад +1

    Is julle deel van die Fox Weather-span in Atlanta, Amerika? Gaan kyk op RUclips hoe Bob van Dillen as verslaggewer besig was met 'n lewendige uitsending (orkaan Helene) terwyl 'n vrou om hulp geskree het uit haar motor wat alreeds vensterhoogte onder water was. Hy maak verskoning, los sy verslaggewing en borshoogte gaan haal hy haar uit die water.

    • @peetschabort1080
      @peetschabort1080 2 часа назад +1

      Mag ek byvoeg dat hy 1,85m in sy sokkies staan.

  • @HenkduPlooy-ym3ed
    @HenkduPlooy-ym3ed 2 часа назад

    Dankie julle.

  • @dotbotha5898
    @dotbotha5898 2 часа назад

    Dankie Michelle

  • @stephangriessel3550
    @stephangriessel3550 Час назад

    Baie dankie!

  • @SahadatBabu-o1h
    @SahadatBabu-o1h 2 часа назад

    Meicaily