Frieda van den Heever & Die Heuwels Fantasties - Bon Voyage
HTML-код
- Опубликовано: 5 фев 2025
- Stream nou Frieda se 1ste album hier: distrokid.com/...
Die eerste enkelsnit op Spoorsny was die heel laaste song wat Frieda geskryf het voor die album opgeneem is. Bon Voyage het die lig gesien saam met Pierre Greeff en Fred den Hartog as vervaardiger. Die song druk iets uit van die kortstondige, soms broodnodige troos wat lê in ontsnapping van die harde realiteit. Van die stryd wat ons voer teen die flatline, die wil om oorlewing, om nie koud aangetref te word terwyl jou hart nog klop en jou breine nog golwe maak nie. Die verlange om dood te gaan, maar nie dood te bly nie. Die droom om te kan vlieg met voete. Dis ook ‘n klein ode aan Underworld se Born Slippy (1996), eintlik Trainspotting in sy geheel, waarin Frieda dit die eerste keer gehoor het en wat onuitwisbare merke op haar jong gemoed gelaat het.
Lirieke:
Is jy reg vir inklim
ons gaan opstyg
ek is doodbang vir vlieg
ek is banger vir bly
ek weet ek vat myself saame
k kan nie dié keer weghol nie
is jy gereed vir hierdie vlug
ek weet nie hoe laat ons gaan land nie
bon voyage, baby
maak jou blou oog toe
dat jy my kan sien
ek is so jammer
hulle’t met jou bakle
bon voyage, baby
ek weet nie wanneer ons gaan kom
en of ons kom of gaan
maar jy moet net bybly
bly by my
sit jou kop op my skouer
jy moet nou stil lê, kry rus
want ek gaan later hard raas
glibberig gebore in die onderwêreld
dis hoe dit is
God, ek is moeg vir my voete
slaan dit onder my uit
dan kan ons vlieg
en al die turbulensie vermy
bon voyage, baby
jy kan die gordel los
jy gaan dit nie nodig kry nie
om te val is veilig by my
bon voyage, baby
die geveg teen die flatline is al wat my dring
as dinge te gevaarlik raak om te sê, sal ons dit sing
sing, my ding
kreun, seun
bon voyage, baby
daar’s ‘n wolk in my hart
jy gaan papnat reën
proe die trane op my hakskeen
Directed by : Rolanda Marais and Jozua Malherbe
Director of Photography : Lourens van Rensburg
Produced by 7Films