Klein Donker Hollywood (Official)

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 28 сен 2024
  • My musiek is beskikbaar op alle platforms!
    Kry dit hier:
    www.submithub....
    Lirieke:
    Trek my deur 'n ring wat pas
    Op die hand van die algemene man
    Plaas my in 'n boks gemerk
    “Op pad na my goue god”
    Troos my in die arms van
    Die duiwel of die diep blou see
    Verberg my waarheid en ween
    In die kelders van plesier
    Die wêreld is wild
    En ek is 'n dier
    Met 'n masker van 'n masjien
    Elke straat is 'n verhoog
    Ons eie klein, donker Hollywood
    As jy jou eie gesig wil sien
    Wat maak jy hier?
    Kleed my in 'n pak gesny
    Binne die mates van goed en kwaad
    Bind my toe in linte
    'n Geskenk aan die blindes
    Die wêreld is wild
    En ek is 'n masjien
    Met 'n hart van 'n dier
    Elke straat is 'n verhoog
    Ons eie klein, donker Hollywood
    As jy jou eie gesig wil sien
    Wat maak jy hier?
    Want ek is 'n dier
    Met 'n masker van 'n masjien
    O Here God, wat maak ons hier
    Wat maak ons hier?
    En die aarde skud
    En die branders breek
    Op my blou vlees
    En ek staan alleen
    Wie sal my vind
    As ek onder die invloed
    As ek onder die invloed
    En die aarde skud
    En die branders breek
    Op my blou vlees
    En ek staan alleen
    Wie sal my vind
    As ek onder die invloed
    As ek onder die invloed
    Blink

Комментарии • 4

  • @JoesCamera
    @JoesCamera 3 дня назад +1

    Shit hot , super authentic, unique. Bly asb by jou ding en verander vir geen producer. Guitar mm!

    • @floris_voges
      @floris_voges  3 дня назад

      Hahhah hierdie is die coolste comment wat ek al gekry het! Dankie waardeer dit!

  • @ockertvanschalkwyk4705
    @ockertvanschalkwyk4705 3 дня назад

    Ek tel tog ondertone van Ralph Rabie se styl op in Floris se tunes.
    Doen so voort !

    • @floris_voges
      @floris_voges  3 дня назад

      Dankie! Massive kompliment. Waardeer dit