Die Laaste Afrikaanse Kerk - 125 jaar in die Middestad (Vollengte video) Woorde uit sy Woning

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 8 сен 2024
  • In die volksmond staan sy bekend as die Paul Kruger Kerk. Ons praat van “sy”, want sy is die moeder van al die Gereformeerde kerke in Pretoria. Jy moet mooi kyk om haar raak te sien, want daar waar sy staan op die hoek van WF Nkomo en Kgosi Mampuru Street (voorheen Kerk- en Potgieterstraat) is sy gedeeltelik verberg deur bome en halfvoltooide toringblokke. Jy sal haar ook nie sommer hoor nie. Die klokkegelui en Psalmgeklank tussen haar mure op Sondae kompeteer met ‘n eindelose getoet van kliënt soekende taxi’s.
    Sy is die laaste Afrikaanse kerk in die middestad van Pretoria.
    Die Paul Kruger kerkgebou is stom, soos sy nog altyd was. En tog is sy die perfekte klankbord vir al die stemme en geluide van binne en van buite. In haar beginjare in 1900 het sy die geknars van die invallende Britse soldatestewels en offisiersbevele weerklank. So ook die klap van die osdrywerswepe. Vandag is dit die eindelose stadsverkeer en die geroep van straatverkopers. Binne die stewige mure word die Evangelie geabsorbeer en elke stukkie grein op elke houtbank getuig van oordeel en ‘n genade onbeskryflik groot.
    Soos almal van ons wys sy ook uiteindelik nou al haar ouderdom. Die verweer sypel oral in: die geute werk nie altyd meer so goed nie. Die reuse Jakarandaboom, nog geplant deur Schieke gooi jaarliks sy blare op die dak. Dit veroorsaak verstoppings. Die muf slaan uit teen die mure. Die orrel het dringend aandag nodig. Die reuse weerkaatsende glasvensters van die saalgebou moet vervang word. Die tuin en die veiligheidsheining moet in stand gehou word. Soos elders word die gemeente jaarliks armer aan kinders en middele.
    Arie Stavast is emeriti predikant in die gemeente. Hy volg in die voetspore van sy vader wat ook daar die Woord verkondig het. Ds Arie is moedig. Hy glo dat, solank daar nog lidmate in die gemeente is, hulle nie sal toelaat dat die besonderse kerkgebou tot niet gaan nie. Dit is waar, maar hulle sal hulp nodig hê ...
    Die Laaste Afrikaanse Kerk is ‘n dokumentêre video, wat deur Gustav en Ina Opperman in opdrag van Solidariteit Helpende Hand vervaardig word. Dit is tydens die Krugerdag vieringe op 10 Oktober 2021 by die kerkgebou bekend gestel.
    Kontakbesonderhede:
    Ds Gustav Opperman +27 083 503 4886
    en Ina Opperman +27 83 650 2186
    reformeer@gmail.com
    Ons Woorde uit sy Woning RUclips-kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer.
    Indien u ons RUclips-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op reformeer@gmail.com Ons sal dit waardeer. U kan ook direk 'n bydrae maak:
    Woorde uit sy Woning maak gebruik van: FNB Spaarrekening/Savings Pocket Rekeninghouer: Philippina Opperman Rek no: 62572033026 FNB Thabazimbi Stuur asb u kontakbesonderhede met bewys van donasie aan: reformeer@gmail.com Ons sal u graag wil bedank.
    Musiek gebruik in hierdie video:
    1) Gebed van Pau Kruger Kopiereg: @ChrisChameleon Met groot waardering!
    2) Nostalgic places Place Calm Myuu 2:23
    RUclips Audio Library License for the above track and all the other tracks not otherwise indicated:
    You’re free to use this audio track in any of your videos, including videos that you monetize. No attribution is required.
    RUclips may credit the artist and link the Audio Library from your video.
    You may not make available, distribute or perform the music files from this library separately from videos and other content into which you have incorporated these music files (e.g., standalone distribution of these files is not permitted).
    3) Spacetime Blues Cinematic Sad Loopop 2:38
    4) Renunciation Classical Sad Asher Fulero 3:42
    5) Heart Strings Classical Romantic Coyote Hearing 3:07
    6) Allégro Emmit Fenn
    Do not find copyright info. Rapported it in Feedback
    7) Decision Cinematic Sad The Tower of Light 3:03
    8) Jesus, meine Zuversicht Classical Inspirational Sir Cubworth 2:14
    9) Ps 84 & Ps 116 Psalmsing tot God’s eer (Odé Ensemble)
    Administratiewe Buro Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    Tel: 018 297 3986/7/8/9
    Faks: 018 293 1042
    bestellings@gksa.co.za
    Toestemming: Ds Eric Kayayan
    10) Musiek gebruik in hierdie video:
    Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
    Met dank en erkenning:
    Ps Ps 122 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers

Комментарии • 18

  • @ws8091
    @ws8091 Год назад +2

    Wat n hartseer dag.God sê hart is seer...bitter seer

  • @salomemalherbe677
    @salomemalherbe677 2 года назад +3

    Wonderlike wonderlike video. Hoe hartseer is die aanskou van verval 😢
    Mag dat ons Hemelse Vader Sy genade oor ons land uitstort en ons volk in ere herstel.

    • @WoordeuitsyWoning
      @WoordeuitsyWoning  2 года назад

      @SalomeMalherbe. Baie dankie vir jou terugvoer. Dit is baie hartseer om die verval waar te neem. Ons kan net bid dat die Here ons genadig sal wees! En dankie, dat jy al na soveel video's gekyk het en meeleef in jou kommentaar. Ina

  • @marleneflourentzou680
    @marleneflourentzou680 7 месяцев назад +1

    Goeie more
    Ek woon al hier vir so 25jare
    Ek het ook Grieks geleer
    God bless

  • @marleneflourentzou680
    @marleneflourentzou680 2 года назад +2

    Ek hoop dat die kerk alkyd dear sal wees
    So n mooi,traditionele kerk
    Hartseur dat Suid Afrika nou so verval

    • @WoordeuitsyWoning
      @WoordeuitsyWoning  2 года назад

      @MarleneFlourentzou, baie dankie vir jou reaksie. Vertel ons asb meer oor jouself, as jy nie omgee nie. Ons stel belang in ons kykers. Jy kan epos na reformeer@gmail.com Vriendelike groete, Ina en Gustav Opperman

    • @marleneflourentzou680
      @marleneflourentzou680 2 года назад

      @@WoordeuitsyWoning Goeie more
      Ek is van Pretoria maar ek woon not op die eiland van Cyprus, in Europa
      Baie groete

    • @marleneflourentzou680
      @marleneflourentzou680 2 года назад +1

      Dear is bare Greek Orthodox kerke her
      Ons het baie movie tradisies by die kerke om Paasfees
      Die was gister Paasfees hier en die heele week voor Paasfees gaan die mense kerk toe in die aand
      Op die aand voor Paasfees gaan ons kerk toe 11 uur in die aand en op middernag gee die priest vir ons n vlam
      Ons het almal spesiale kerse en dan sing die priest
      "God has arisen from the dead" en ons sing almal saam
      Daarna gaan eet ons n spesiale sop saam met die families
      Dit is baie mooi

    • @a.j.kaastra1317
      @a.j.kaastra1317 7 месяцев назад

      ​@@marleneflourentzou680 Ernstig? My Aussie woon in Cyprus. Hoe lank woon julle al daar?

  • @tokkiewiese1816
    @tokkiewiese1816 2 года назад +1

    Wat n wonderlike baken wat ons beslis moet bewaar. N interessante video..deel v ons geskiedenis...

  • @jeankorff3286
    @jeankorff3286 2 года назад

    Hoe absoluut hartseer!.....

  • @a.j.kaastra1317
    @a.j.kaastra1317 7 месяцев назад

    Dagsê! Ek het hierdie video nou net gesien. Hoe is inmiddels die situasie daar? Hgd met die kerk?

  • @kobieburger7187
    @kobieburger7187 Год назад +1

    KOSBAAR

  • @lillian9221
    @lillian9221 2 года назад +2

    As ek die wereldwye leeg staande katedrale en kerke sien, laat dit my so aan Jesus se woorde dink.
    MATTHÉÜS 24:1-14 AFR53
    EN Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys. En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie

    • @WoordeuitsyWoning
      @WoordeuitsyWoning  2 года назад +1

      Ja, @Lillian, jou opmerking is werklik ontroerend.

  • @kathrinabierman4746
    @kathrinabierman4746 Год назад +1

    nee moenie kerk toemaak asseblief asseblief.Dis vreeslik om te sien hoe n kerkgebou uit mekaar geruk word.Bid die Here sal julle help..