Kan jy die KLEURE vind? 💛🧡🤎🖤🤍 | Die Kleure Liedjie 2 | Leer Kleure, Woorde en Soek Voorwerpe
HTML-код
- Опубликовано: 22 ноя 2024
- Hou julle kinders van Afrikaanse liedjies sing en voorwerpe soek?
Kom sing dan saam met Tannie Bianca die Kleure Liedjie(2)!
Ons leer die kleure geel, oranje, bruin, swart en wit;
Ons speel en soek voorwerpe wat die kleure is; en
Ons leer die Afrikaanse name en woorde vir die voorwerpe.
Die Kleure Liedjie(2) is 'n Afrikaanse kinderliedjie om vir kinders kleure te leer en dit pret te maak deur dit 'n speletjie te maak. Die beste manier om vir kinders te leer is met liedjies en musiek en deur die repetisie van woorde.
Vir gratis flitskaarte wat julle by die huis kan uitdruk - stuur 'n epos aan tanniebianca88@gmail.com
_________________________________________________________________
Welkom mammas, pappas en maats by Afrikaans is Pret! Vir interaktiewe Afrikaanse kinderliedjies, lesse en stories het julle die regte plek gevind. Ek bring elke week nuwe videos uit - so subscribe asseblief aan my kanaal sodat julle niks misloop nie!
Julle kan my ook volg op my Facebook ( tanniebianca), Instagram ( / tannie_bianca ) of TikTok ( / tannie.bianca )
Afrikaans is Pret se fokus is op gesonde ontwikkeling vir kinders en om die taal, Afrikaans, te bevorder en hoog te hou met ons jeug. Daar is so baie wonderlike engelse kinder videos op RUclips, soos Ms. Rachel en Super Simple Songs, amper te veel om van te kies... maar vir ons afrikaanse kinders is daar maar min. Ek, as 'n mamma wat net die beste vir haar kind wil hê, het toe besluit om afrikaanse videos vir kinders te maak sodat ek ander afrikaanse mammas en pappas kan help om ons wonderlike taal aan die gang te hou en seker te maak ons kinders leer, speel en geniet Afrikaans... want... AFRIKAANS IS PRET!
Kom ons help mekaar om Afrikaans te bevorder!