Sal daar 'n selektiewe wegraping wees - Dr Hennie Prinsloo

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 10 дек 2024

Комментарии • 4

  • @irengainsford4817
    @irengainsford4817 Год назад

    Amen

  • @Salo979
    @Salo979 Месяц назад

    Wanneer iemand die eerste keer die Bybel lees, sal só 'n persoon geen natuurlike bewustheid van 'n pre-trib wegraping kry nie.
    Die hele konsep van 'n wegraping word deur rapture-predikers van buite af op die Skrif afgeforseer. Bybelverse word buite konteks aangehaal om die wegraping teorie te probeer bewys. Enigeen wat die Nuwe Testament lees, sal duidelik sien en verstaan dis Jesus se wederkoms wat voorop staan. Ja, die Nuwe Testament belig die wederkoms deurlopend en vanuit verskillende hoeke. Die wederkoms is sentraal geplaas binne die Nuwe Testament. Maar die wegraping is totaal afwesig. Maar rapture-predikers mislei der duisende mense om te glo die wegraping gaan die Christen gelowiges wegraap voordat die groot verdrukking begin.
    Ons moet die profesieë in Openbaring ter harte neem, onsself voorberei vir die toekomstige gebeure, soos wat dit in Openbaring uitgespel word. Dit is juis die gelowiges / uitverkorenes wat vervolg sal word, omdat hulle weier om die dier van Openbaring 13 te aanbid en sy merk te neem - en nie die massa mense wat in elk geval met die antichris saamgaan, hom aanbid en sy merk neem nie. Openbaring is in die eerste plek geskryf vir jou en my, ons wat gelowige kinders van God is, en nie vir al die goddeloses daar buite in die wêreld nie.
    Wanneer word ons met Jesus Christus verenig - by die wegraping of by die wederkoms?
    Ons vind die antwoord in 2Thessalonisense 2:1: "Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom".
    Lees dit weer:
    "Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die WEDERKOMS van onse Here Jesus Christus en ons VERENIGING met Hom".
    Ons vereniging met Jesus gebeur by Sy wederkoms en nie by die sogenaamde wegraping nie - dit is wat die Bybel sê.
    Die rapture-predikers bou 'n wegrapings teologie op een of twee Skrif gedeeltes wat se bedoeling iets anders is. In die breër teologie regdeur die Bybel maak die wegraping nie sin nie.
    Ons sal gekonfronteer word met die twee bose diere van Openbaring 13 wat teen die heiliges sal oorlog voer, en die twee diere se boosheid sal oor die aarde heen spoel, en hulle sal mag hê oor elke stam en taal en nasie. Let wel: nie 'n pre-trib wegraping vir die heiliges nie, want hulle is volgens die Bybel steeds hier met die groot verdrukking.
    Jesus het nooit 'n wegraping gepredik nie, inteendeel, Jesus bid tot die Vader (Johannes 17:15): "Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar".

  • @driesnienaber6637
    @driesnienaber6637 Год назад

    Dki Ds Waardeer

  • @irengainsford4817
    @irengainsford4817 Год назад

    Amen