As die Vader jou nie trek nie | Vita Dei 606

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 21 янв 2025

Комментарии • 27

  • @vitadei_africa
    @vitadei_africa  2 месяца назад +14

    God nooi alle mense, maar Hy trek die wat reageer

    • @messengerofgod2788
      @messengerofgod2788 2 месяца назад

      Nee, Hy nooi nie alle mense nie.

    • @vitadei_africa
      @vitadei_africa  2 месяца назад +2

      @messengerofgod2788 Hoekom sê jy so? God nooi alle mense - Jood, Griek, Wit, Swart, oud, jonk... Alle mense
      Ope 22:17: En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.
      Mat 11:28: Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
      Mat 22:9: Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.
      Titus 2:11: WANT die reddende genade van God het aan alle mense verskyn
      Joh 4:14: maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.

    • @messengerofgod2788
      @messengerofgod2788 Месяц назад

      @@vitadei_africa , omdat die Woord net vir die ware Israel nageslag gegee is, vir die twaalf stamme gebore uit Jakob en nie vir die wêreld nie.
      Want Jesus se gebed aan die Vader bevestig dit as volg:
      Joh 17:9 Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.
      Joh 17:10 En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik.
      Moenie al die kerklike leuens en konstitusie verdraaiings glo nie.
      Lees en leer self wat die Woord vertel en leer.

    • @vitadei_africa
      @vitadei_africa  Месяц назад

      @messengerofgod2788 British Israel? Hebrew roots?

    • @messengerofgod2788
      @messengerofgod2788 Месяц назад

      @@vitadei_africa moenie nou na buite verband leringe die lyn trek nie.
      Kom terug na Woord en glo die Woord.

  • @letitiastieler1971
    @letitiastieler1971 25 дней назад

    Baie dankie ds Riekert.🎉🎉

  • @nicolaasburger1637
    @nicolaasburger1637 2 месяца назад +2

    Amen, dankie vir die boodskap..die suiwer boodskap van redding vir elkeen wat Jesus aanneem en bekleed is met Jesus.

  • @dalenenel4873
    @dalenenel4873 2 месяца назад +1

    Kosbaar, baie dankie waardeer elke boodskap wat uit gesaai word.

  • @messengerofgod2788
    @messengerofgod2788 2 месяца назад +1

    Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
    Want hierdie geloof is nie vir almal nie - 2Th 3:2 en dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, want die geloof is nie die deel van almal nie.

    • @vitadei_africa
      @vitadei_africa  2 месяца назад

      @@messengerofgod2788 Daar is mense wat dit weier soos JESUS verduidelik. Dis beskikbaar vir almal, maar nie almal reageer daarop nie.

  • @rorysullivan4913
    @rorysullivan4913 2 месяца назад +1

    Thank you for this explanation/clarification. Appreciate very much. Graaff- Reinet

  • @onlycarmusic5130
    @onlycarmusic5130 2 месяца назад +1

    Kosbaar!!!

  • @gerhardvanzyl4821
    @gerhardvanzyl4821 2 месяца назад +1

    Wow! Amen!!

  • @sarelvanloggerenberg2307
    @sarelvanloggerenberg2307 2 месяца назад

    Ek glo Johannes 6:44 kan nie reg verstaan word as 'n mens nie vers 45 verstaan nie JOHANNES 6:45 AFR53
    [45] Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe.
    Ons moet die vraag vra, wat moet ons by die Vader leer. Wat sê God, Ek sal my wette op hulle harte skrywe. Die Vader wil hê ons moet gehoorsaam wees aan Sy wette. God gee Sy wette in ons harte. God trek ons deur die wet en deur die verligting van die wet in ons gewete kan ons sien ons is sondaars. As ons van die Vader geleer het deur die oortuiging van die Heilige Gees dat ons sondaars is en kan sien ons het 'n redder nodig sal ons na Jesus gaan om van ons sondes verlos te word. Die wet is ons tugmeester na Christus. Dit is net wanneer jy kan sien jy is 'n sondaar dat jy na Jesus sal gaan. Die verantwoordelikheid kom terug na die mens. Johannes 5:44 is ook belangrik, Jesus sê omdat julle eer van mekaar aanneem kan julle nie glo nie. Omdat hulle eer vir mekaar gegee het kon hulle nie Jesus as die Messias sien nie. Dit is ook die probleem in vandag se kerke omdat daar eer gegee word en eer geneem word kan die ware Jesus van Fillipense 2 nie gesien word nie. Die een wil belangriker wees as die ander een en wat die prediker sê moet reg wees want hy is mos die man van God.

  • @vitadei_africa
    @vitadei_africa  2 месяца назад +8

    Almal is genooi/geroep, maar min is uitverkies/reageer

  • @andriesbuys2373
    @andriesbuys2373 2 месяца назад +1

    Dankie vir al die video's, baie leersaam. Ek staan verwonderd oor die diepte van die Skrif. Ek wil graag verder meer oor Rom. 9:6-33 se uitsprake wil leer. Hoe word hierdie video (606) in die lig van Rom 9 beskou, of ek stel dit eerder, hoe moet dit beskou word? Ek sal graag 'n Romeine bybelstudie wil aanmoedig. Banie dankie. A

    • @vitadei_africa
      @vitadei_africa  2 месяца назад

      @@andriesbuys2373 Dankie Andries, ons sal nog by die uitkom - weet net nie wanneer nie

  • @GreatExploits7
    @GreatExploits7 2 месяца назад

    Dankie Riekert. Neem asb verder met Uitverkiesing en Eie Keuse ook (twee kante van munstuk)

    • @vitadei_africa
      @vitadei_africa  2 месяца назад

      @@GreatExploits7 Jesus is die Uitverkorene

    • @GreatExploits7
      @GreatExploits7 2 месяца назад

      @@vitadei_africa Ek verwys na Rom 8:30: "And those whom he predestined he also called, and those whom he called he also justified, and those whom he justified he also glorified" - maw dat die Here vooraf besluit het wie Hy gaan red. Terwyl ons wat so bevoorreg is om gered te wees dit net as absolute genade ervaar en dankbaar is, is daar persone wat dit as 'onregverdig' beskou en dat mense wat nie 'predestined' is nie dus geen kans het nie - en dus onregverdig veroordeel word (veral die wat in bv Moslem en soortgelyke lande gebore word). Sal dit waardeer indien jy jou siening hieroor kan gee (of my verwys na 'n vorige preek waar jy dit bespreek het)

    • @vitadei_africa
      @vitadei_africa  2 месяца назад

      @GreatExploits7 Albie, die probleem gebeur met Romeine dikwels. Dis 'n unieke boek, geskryf op 'n baie unieke manier (in die vorm van 'n argument wat op 'n baie spesiale manier gelees moet word). Daarsonder is dit baie maklik om die inhoud verkeerd te verstaan en selfs met tientalle "weersprekings" in die boek vorendag te kom. Enige lees of verstaan van 'n teks wat God as onregverdig en/of weersprekend oordra is verkeerd.

  • @messengerofgod2788
    @messengerofgod2788 2 месяца назад +1

    Ja, en ook die keuse, want hulle wie die Seun het, het die lewe,maar hulle wie die Seun verwerp, vetrap hom onder hul voete en minag Sy bloed wat Hy vir die sondaar gestort het.
    Heb 10:28 As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;
    Heb 10:29 hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?

  • @wernerstoltz1054
    @wernerstoltz1054 2 месяца назад +1

    Hallo Riekert, onthou asb om Johannes 16:23 ook te bespreek, sal graag jou insig op dit hoor.